Die Banting-sakgids

Die Banting-sakgids

by Tim Noakes
Die Banting-sakgids

Die Banting-sakgids

by Tim Noakes

eBook

$6.49  $7.00 Save 7% Current price is $6.49, Original price is $7. You Save 7%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

DIE TOPVERKOPER DIE BANTING-SAKGIDS, IN VENNOOTSKAP MET DIE NOAKES-STIGTING EN DIE EET BETER, SUID-AFRIKA!-INISIATIEF, IS NOU BESKIKBAAR IN ’N GEBRUIKERSVRIENDELIKE SAKPAS-FORMAAT! Danksy julle versoeke vir méér basiese resepte en ’n maklik hanteerbare formaat, is Die Banting-oplossing nou beskikbaar in ’n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-dieet suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou. Die Banting-sakgids bevat ’n hoofstuk deur die passievolste en mees gerespekteerde Banting-ondersteuner, prof. Tim Noakes; dit verskaf antwoorde op jou grootste kwelvrae; slaan mites wat oor Banting kop uitgesteek het die nek in; voorsien handige maaltydplanne, Banting-vriendelike voedsellysies en resepte; leer jou hoe om te begroot sodat almal ’n Banting-leefstyl kan handhaaf; en nog baie, baie meer. Maar nog belangriker: dit leer jou hoe om van daardie ekstra ponde ontslae te raak en hulle vir altyd weg te hou! Die Banting-sakgids, wat maklik in jou handsak of hempsak inglip, is net wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl aan die gang te kry!

Product Details

ISBN-13: 9781776091669
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 02/01/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 186
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Bridgette Allan het haar loopbaan as geregistreerde verpleegster en vroedvrou begin. Sy beskik oor kwalifikasies in alternatiewe genesingsmodaliteite en het kursusse in persoonlike en kindervoeding, asook voedingsterapie, voltooi as deel van haar voortgesette professionele ontwikkeling. Sy bestuur ’n integrasie-gebaseerde welstandspraktyk waar sy ’n holistiese benadering volg om kliënte te help om leefstylsiektes die hoof te bied.

Bernadine Douglas is die stigter van die Slender Slim 4 U-Banting-kliniekgroep. Sy bied ondersteuning en raad aan kliënte deur persoonlike konsultasies en ook aanlyn via sosiale media. Bernadine werk vanuit ’n mediese praktyk in Kaapstad waar sy kliënte sien vir persoonlike konsultasies en gewigsbestuur Sy is ’n voedingsterapeut wat spesialiseer in dieet- en gewigsbestuur, sport- en oefeningsvoeding, asook in persoonlike- en kindervoeding.

Prof. Tim Noakes has published more than 750 scientific books and articles. He has been cited more than 16 000 times in scientific literature, has an h-index of 71 and is rated an A1 scientist by the National Research Foundation of South Africa. After coming across research which denounced current international dietary guidelines as fallacy and being left frustrated by a decline in his own health, Prof. Noakes started researching the effects of carbohydrates, proteins and fats on the human race. His research convinced him that a high-fat, low-carb diet is the healthiest option for many.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews