Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van 'n fynkok

Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van 'n fynkok

by Peter Veldsman
Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van 'n fynkok

Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van 'n fynkok

by Peter Veldsman

eBook

$9.99  $11.00 Save 9% Current price is $9.99, Original price is $11. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers … Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het ... Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.

Product Details

ISBN-13: 9781770229723
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 09/01/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 280
File size: 16 MB
Note: This product may take a few minutes to download.
Language: Afrikaans

About the Author

Peter Veldsman het die heel eerste Galliova-toekenning as beste kosskrywer ontvang – eers vir Sarie en later Rapport. Ná opleiding in Duitsland en Frankryk vestig hy hom met sy restaurant Emily’s, ’n kookklub en ’n kookskool as een van die pioniers van plaaslike fynkos. Elf kookboeke verskyn uit sy pen, en sy bekronings – plaaslik en internasionaal – sluit in talle vir sy restaurantwynlys, ’n eerbewys van die internasionale Chaîne des Rôtisseurs en ’n internasionale Gourmand-prys vir sy boek ’n Mondvol lekker.
Elmari Rautenbach is ’n bekroonde joernalis en tydskrifredakteur. Sy was ondere andere redakteur van Insig en die eerste nasionale boekeredakteur van die Afrikaanse dagblaaie. Benewens haar skryfwerk is sy ook inhoudsvervaardiger vir Kwêla op kykNET en hoof van die US Woordfees se boekeprogram.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews