Witwatersrand

Witwatersrand

by Wilbur Smith
Witwatersrand

Witwatersrand

by Wilbur Smith

Paperback(Afrikaans language edition)

$24.89 
  • SHIP THIS ITEM
    Qualifies for Free Shipping
  • PICK UP IN STORE
    Check Availability at Nearby Stores

Related collections and offers


Overview

Op 'n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook 'n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na 'n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem. Maar wie nie waag nie, wen nie . . . In die wildernis wag 'n nuwe avontuur. Niks kry hom onder nie - nie 'n verwoede aanval deur 'n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie - en steeds bly Sean droom van 'n gesin en 'n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het . . .

Product Details

ISBN-13: 9780795707407
Publisher: Adamastor
Publication date: 12/10/2014
Series: Courtney Series , #1
Edition description: Afrikaans language edition
Pages: 386
Product dimensions: 6.14(w) x 9.21(h) x 0.86(d)
Language: Afrikaans

About the Author

WILBUR SMITH is in 1933 in Zambië gebore. Hy het by Michaelhouse in KwaZulu-Natal skool gegaan waar hy 'n skoolkoerant begin het voordat hy verder by Rhodes Universiteit studeer het. Nadat hy graad gekry het, het hy op sy pa se aandrang om "'n regte werk" te kry, as rekenmeester gewerk eerder as om sy droom om 'n joernalis te word, te volg. Na onsuksesvolle pogings om sy eerste boek te publiseer, het hy 'n voltydse skrywer geword toe "When the Lion Feeds" (vertaal en uitgegee deur Kwela Boeke as "Witwatersrand" in 2014) uiteindelik in 1964 gepubliseer is. Die mees waardevolle raad wat sy uitgewer aan hom gegee het, was om "net oor die dinge wat hy goed ken, te skryf". Hy het sedertdien op Afrika gefokus. Tot op hede het hy meer as 30 topverkoper-romans geskryf wat altesaam meer as 120 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop het. Sy romans is tans in 26 tale vertaal.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews