Geheime Revolusie: Memoires van 'n spioenbaas

Geheime Revolusie: Memoires van 'n spioenbaas

Geheime Revolusie: Memoires van 'n spioenbaas

Geheime Revolusie: Memoires van 'n spioenbaas

eBook

$11.99  $15.89 Save 25% Current price is $11.99, Original price is $15.89. You Save 25%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In die duister wêreld van spioene geld die gewone reëls nie. Alles is geoorloof in die naam van landsveiligheid - selfs om met die staat se Vyand No. 1 te praat. Dit is presies wat Niël Barnard in die laat 1980's as hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) gedoen het. In opdrag van PW Botha het hy hoogs geheime gesprekke met Nelson Mandela begin voer. Nie eens die kabinet het geweet nie. In Geheime Revolusie lig Barnard vir die eerste keer die sluier oor dié tronkgesprekke - wat uiteindelik tot Mandela se vrylating en die eerste demokratiese verkiesing sou lei. Dit bied 'n fassinerende blik op Mandela die mens en op sy politieke oortuigings. Die boek werp ook lig op die alledaagse lewe van spioene en die suksesse van NI in die 1980's. Barnard maak etlike onthullings: Van die gesprekskanaal wat NI met die Russiese KGB geskep het en die Britse spioene wat op ons kernwapenvermoë gespioeneer het (en vasgetrek is) tot ministers se eskapades in die buiteland.

Product Details

ISBN-13: 9780624066156
Publisher: Tafelberg
Publication date: 04/10/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 300
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Niël Barnard was hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) en eerste minister PW Botha se regterhand gedurende die 1980's. In 1988 en 1989 het hy 'n reeks geheime gesprekke gehad met Nelson Mandela, wat toe nog in aanhouding was. Hierdie gesprekke het die fondasie gelê vir Mandela se vrylating in 1990, die ANC se ontbanning en die politieke hervorming wat daarop sou volg. In die vroeë 1990's het Barnard as direkteur-generaal van die departement van konstitusionele ontwikkeling 'n sleutelrol gespeel in die onderhandelingsproses en die opstel van die Grondwet.
Tobie Wiese is 'n gesoute joernalis en skrywer. Hy was onder meer al nuusredakteur van Huisgenoot, adjunkredakteur van Insig en drie jaar lank lektor in die Joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch. In sy laaste jare by Media24 was hy 'n bestuurder van die maatskappy se Joernalistieke Akademie.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews