Die swerfjare van Poppie Nongena

Die swerfjare van Poppie Nongena

by Elsa Joubert
Die swerfjare van Poppie Nongena

Die swerfjare van Poppie Nongena

by Elsa Joubert

eBook

$10.99  $13.82 Save 20% Current price is $10.99, Original price is $13.82. You Save 20%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

CNA-prys (1978), Louis Luyt-prys (1979), WA Hofmeyr-prys (1979), Winifred Holtby-prys (1981). Die swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. Binne vier maande is dit drie keer herdruk. Dit is verskeie kere bekroon en Elsa Joubert word ook ‘n Fellow van die Society. Sedertdien is die roman vertaal in Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Italiaans. In 1985 het ‘n Amerikaanse uitgawe verskyn. Hoë lof is van kritici ontvang. Audrey Blignault het die betekenis van die roman só saamgevat: 'n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk." André P. Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: "'n Visioen van menslike gevangenskap... Ontstemmend en indrukwekkend... Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat." Oorsee het die gesaghebbende Sunday Times Literary Supplement ‘n entoesiastiese bespreking van die roman geplaas. En The Times se resensent skryf: "(The novel) unfolds with the inexorable force of a Greek tragedy." As voorhoogstuk was Poppie eweneens suksesvol. Dit is in sowel Afrikaans as Engels landwyd opgevoer. In New York is dit eers in ‘n eksperimentele teater aangebied; daarna het dit as Off Broadway-opvoering die Obi-toekenning verwerf vir die beste dramateks. Dit is gekies vir die Edinburgh-toneelfees, en later ook in Londen opgevoer, waar Thuli Dumakude as Poppie die gesogte Olivier-prys verower het. Vervolgens is dit opgevoer in Australië, Kanada en Chicago. Die skrywer self sê oor dié suksesverhaal: "Die lewe van die werklike Poppie het my diep geraak, en my beklem. Hier was ‘n vrou, magteloos vasgevang in ‘n onmenslike sisteem, wat veg vir die bestaan van haar gesin. Deur die boek wou ek aan haar ‘n stem gee."

Product Details

ISBN-13: 9780624078012
Publisher: Tafelberg
Publication date: 12/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 312
File size: 905 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind. In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika. In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews