Hoerkind: Die memoires van 'n randeier

Hoerkind: Die memoires van 'n randeier

by Herman Lategan
Hoerkind: Die memoires van 'n randeier

Hoerkind: Die memoires van 'n randeier

by Herman Lategan

eBook

$10.99  $14.19 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.19. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Die joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds ʼn hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is ʼn skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir ʼn jaar kinderhuis toe.

Om soos ʼn weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ʼn pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg.

Hy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word hy gyselaar gehou en met ʼn mes gesteek. Hy verloor byna sy been ná ʼn motorongeluk tydens ʼn besoek aan die oudrugbyspeler Mannetjies Roux se plaas.

Later vind hy ’n veilige hawe wanneer sy pad met dié van Graham Sonnenberg kruis. Hy maak opgang as joernalis wat na die verste uithoeke van die wêreld reis. Hoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning.


Product Details

ISBN-13: 9781776093397
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 07/01/2022
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 248
File size: 476 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Herman Lategan is ’n bekroonde joernalis en skrywer van Groenpunt. Oor die jare skryf hy vir oor die 50 tydskrifte, koerante en webblaaie, onder meer Vogue Entertaining + Travel, Time Out, House and Leisure, Cape Style, Mail & Guardian en Vrye Weekblad. Sy Rapport-rubrieke is in twee bundels byeengebring. ʼn Aantal gedigte en kortverhale het al verskyn. Hy het ook vir e.tv gewerk en vryskut-insetsels vir etlike radiostasies soos FMR en Cape Talk gelewer.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews