Op 'n mooi dag

Op 'n mooi dag

by Irna van Zyl
Op 'n mooi dag

Op 'n mooi dag

by Irna van Zyl

eBook

$11.49  $15.00 Save 23% Current price is $11.49, Original price is $15. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Met Louw Roodt se verdwyning ná ’n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie.

Was Louw in ’n ongeluk, het sy ’n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agterge­laat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?

Toe breek die nuus van ’n man wat in ’n Kaapse hotel vermoor is. Die­selfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeër dié dag die gasspreker by haar werk was.

Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? ’n Voorval wat vir Louw ’n groot sielkundige knou gegee het.

Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.


Product Details

ISBN-13: 9781485904922
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 09/06/2021
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 328
File size: 828 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Irna van Zyl is die skrywer van die gewilde misdaadromans Moordvis, Gifbeker en Bloedsteen. Op ’n mooi dag is haar eerste sielkundige riller. Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en was ’n redakteur en entrepreneur. Irna het talle pryse vir haar werk ontvang, onder meer die Orde van Tafel­berg vir haar sakeprestasie. Sy woon in Kaapstad en Hermanus.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews