Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal

eBook

$6.99  $8.29 Save 16% Current price is $6.99, Original price is $8.29. You Save 16%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Piekfyn Afrikaans Graad 8 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante en kontemporêre leerstof en piekfyn illustrasies om jou visuele geletterdheid te ontwikkel. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat jy opdoen, jou ervaringswêreld verryk en jou sodoende deeglik voorberei vir graad 8. Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Omrede jy self, saam met maat of in groepe jou en ander se werk gaan assesseer, bly jy deurgaans op hoogte van jou vordering. Jy word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en jy word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ʼn neutedop en die piekfyn Indeks gaan jou voorbereiding vir enige soort taak seepglad laat verloop. Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!

Product Details

ISBN-13: 9781770029477
Publisher: Best Books
Publication date: 10/31/2013
Series: Piekfyn Afrikaans
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 284
File size: 45 MB
Note: This product may take a few minutes to download.
Age Range: 13 - 14 Years
Language: Afrikaans

Read an Excerpt

Piekfyn Afrikaans Graad 8 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.

Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woorspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook:

• verskeie stories en inligtingstekste lees;

• visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;

• oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies;

• hardoplees en toesprake lewer;

• aandagtig en krities na inligting en stories luister;

• taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en

• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.

Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge.

Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ’n storie, gedig of ’n drama te skryf!

Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews