Vir ewig en vir altyd, en ander gruwelverhale

Vir ewig en vir altyd, en ander gruwelverhale

by Juanita Swart
Vir ewig en vir altyd, en ander gruwelverhale

Vir ewig en vir altyd, en ander gruwelverhale

by Juanita Swart

eBook

$6.00 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Die kortverhale in Vir ewig en vir altyd, en ander gruwelverhale, sal jou ongemaklik laat voel, elkeen op sy eie manier. Daar is spoke, zombies, vreemde vlieënde voorwerpe, moordenaars en soveel meer om jou net nog bietjie banger te maak vir mense en dinge rondom jou.

Lees van Angelique wat nie sal toelaat dat Gerber haar los nie. Sonja wat geheuverlies het na 'n vreemde gebeurtenis op 'n grondpad. Die verhaal van Jurie sal jou hartseer maar ook onrustig maak oor die uiterstes wat hy deurgegaan het om sy eie dogtertjie te hê. Eric en Ashley veg teen Zombies in Suid-Afrika en Tobie vind sy ware liefde, Rosemary.

In hierdie bundel verskyn twaalf van Juanita Swart se kortverhale wat elke leser na sy asem sal laat snak.


Product Details

BN ID: 2940164205911
Publisher: Juanita Swart
Publication date: 07/29/2020
Sold by: Smashwords
Format: eBook
File size: 143 KB
Age Range: 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Juanita Swart is gebore in Pretoria in 1977. Hier het sy groot geword en op 8 jarige ouderdom haar eerste storie geskryf. Sy onthou nog goed die vakansie kuier by haar tannie waar die enigste papier wat beskibaar was om op te skryf ‘n kladboekie was. Elke woord van haar storie het dus dubbel deurgekom! Die eerste storie uit haar pen was oor ‘n vliegtuig wat geval het en 13 oorlewendes moes veg vir oorlewing, teen die elemente en mekaar. Niemand kon glo die 8 jarige meisie het in 1985 die storie geskryf nie!

In die Hoërskool vind Juanita haar liefde vir Poësie en begin dig. Latere jare verskyn een van haar eerste gedigte “Vrees” in die “Poetry Institute of Africa” se digbundel “Different Horizons” Dit word opgevolg met haar gedig “Pa” in hul volgende uitgawe.

In 2013 sluit Juanita aan by ‘n groepie skrywers en uit haar pen vloei “Afgehandel”. Die storie van Belinda. ‘n Lewensmoeë Maatskaplike werker wat teen haar eie demone veg terwyl sy gebroke siele probeer red. Belinda se lewe neem ‘n skrikwekkende wending wanneer jare lange se haat en pyn uitborrel en sy die onmenslike doen.

Juanita se hoop is dat haar stories mense se lewens sal aanraak en dat hulle sal aanhou wonder, wat gaan sy volgende skryf?

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews