Psalms van 'n Huisvrou: The Book for Women

Psalms van 'n Huisvrou: The Book for Women

by Marthie Nel Hauptfleisch
Psalms van 'n Huisvrou: The Book for Women

Psalms van 'n Huisvrou: The Book for Women

by Marthie Nel Hauptfleisch

eBook

$8.49  $9.99 Save 15% Current price is $8.49, Original price is $9.99. You Save 15%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Hierdie produksie is vir mense wat verstaan hoe ‘n mop werk.
Dit fokus op al die rolle wat veral vroue(maar nie net vroue nie) in hulle lewe speel. Hier dink ek spesifiek aan “moeder en kind”. Ek wou nog altyd graag so ‘n show doen- om uit te lig waarmee vroue soms worstel in die binne-kamer. ”Sien jy?- ons almal gaan daardeur- jy is nie alleen nie!”. Dis die avonture van die ribbetjie! Dit is soms komies- tog ernstig en raak baie interessante ondewerpe aan..
Dit sluit alles in van verlief wees, trou, al die sakke sout op-eet, buite staan, storms stilmaak, moerderskap, uitstyg bo uitdagings en oplaas: om te weet dat daar ‘n gemeenskap van mense om jou is, mense wat jou ondersteun.
Dis ‘n storie wat nuwe betekenis aan die alledaagse goed gee soos skottelgoed was en wag dat die foon moet lui. Moederskap, verhoudings met geliefdes of dit nou romanties Is, of tussen dogter en ma, of selfs vroue wat soos susters saamstaan om kinders groot te maak: te midde van die lewe se onvoorspelbare gang en uitdagings.
Al die liedjies is ooggetuie van wat ek beleef het in my rol as ‘n vrou en die waarneming van vroue om my in my lewe- veral toe ek betrokke was by die Woman’s Centre in Pitt Meadows, British Columbia, Kanada. Dit word verder aangevul deur my agtergrond as verpleegkundige: die wetenskap van omgee en die voorreg om mense te leer ken wanneer hulle weerloos is.
Vir my is die hoogtepunt: dat jy na alles wat die lewe na jou kant toe gooi, aan die anderkant kan uitstap: Dit was nie perfek nie, maar ek is daardeur!, dit was myne en ek kon die pad saam met mense stap, wat vir my iets beteken het. Mense vir wie ek iets kon beteken het.
Om te leer: dat deur van jouself te gee, jy meer ontvang en leer en tog vinniger uitkom om jou verskil in die lewe te maak.
Groete Marthie
Ns. Hierdie boek is vir al die vroue wat saam met my die pad geloop het: deur die wind en weer, ys en sneeu, son en reën. Dankie- ek het so baie geleer... Looks like we made it!

Product Details

ISBN-13: 9781483543413
Publisher: BookBaby
Publication date: 11/15/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 72
File size: 857 KB
Language: Afrikaans
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews