Wanneer die Onmoontlike Moontlik word

Wanneer die Onmoontlike Moontlik word

by Willem Nel

Paperback

$14.99
View All Available Formats & Editions
Eligible for FREE SHIPPING
  • Want it by Wednesday, October 24  Order now and choose Expedited Shipping during checkout.

Overview

Wanneer die Onmoontlike Moontlik word by Willem Nel

Die wêreld verkondig dikwels dat daar nie 'n toekoms is nie, terwyl geloof jou die toekoms in die hede laat ervaar. Die wêreld sê, "Sien is glo." God sê egter, "Glo en jy sal sien" en dit is wanneer jy glo dat God die ONMOONTLIKE IN DIE MOONTLIKE VERANDER!!

Product Details

ISBN-13: 9780620614412
Publisher: Faith Story Publishing
Publication date: 12/14/2014
Pages: 282
Product dimensions: 5.50(w) x 8.50(h) x 0.59(d)

About the Author

Willem Nel is 'n motiveringspreker, prediker en 'n lewens- konsultant ("executive life coach"). Hy is veral bekend vir sy sterk woord oor geloof - die aktivering en oordra van 'n onwrikbare geloof in God wat net goed is. Sy passie is om te sien hoe elke gelowige hulle geloofstories kan deel sodat God se naam regoor die wêreld bekend en beroemd gemaak sal word.

Customer Reviews

Most Helpful Customer Reviews

See All Customer Reviews

Wanneer die Onmoontlike Moontlik word 5 out of 5 based on 0 ratings. 1 reviews.
WN1 More than 1 year ago
Ons almal het ‘n maat van geloof ontvang. Net soos ‘n sportman of -vrou hul spiere oefen sodat dit opgebou kan word en sterker ontwikkel moet ek en jy ook ons geloofspiere oefen. Dit beteken dus dat geloof nie iets passiefs is nie, maar dit is aktief – dit moet geoefen en beoefen word! Geloof laat jou anders dink as wat die wêreld dink; geloof laat jou anders praat as wat die wêreld praat; geloof laat jou anders sien as wat die wêreld sien. Die wêreld verkondig dikwels dat daar nie ‘n toekoms is nie, terwyl geloof jou die toekoms in die hede laat ervaar. Die wêreld sê, “Sien is glo.” God sê egter, “Glo en jy sal sien” en dit is wanneer jy glo dat God die ONMOONTLIKE IN DIE MOONTLIKE VERANDER! IN WILLEM NEL SE TWEEDE BOEK, Wanneer die onmoontlike moontlik word, word die mosterdsaadjie vir ons oopgebreek. In ‘n era waar postmodernisme en skeptisisme soveel mense se geloof in God skud, bring hierdie boek soveel duidelikheid en hoop.  Vanuit sy eie lewe en ook die roerende verhale van ander, verweef Nel die waarheid van die Skrif in praktiese wyse deur. Dit is ‘n toepaslike, vars uitkyk op ‘n lewe wat van geloof nie ‘n goedkoop byvoeging maak nie, maar dit as die sentrale hartklop van die gelowige voorhou. Ek ken Willem Nel persoonlik as ‘n man van diep geloof en wat ‘n onverskrokke vertroue op die Here het. Sy lewe is ‘n voorbeeld van praktiese geloof en selflose opoffering om te sien hoe God se koninkryk gebou word. Wanneer hy in hoofstuk 8 die geloofsdiewe kom ontbloot sal die leser vinnig identifiseer hoe ons deur die leuens van die vyand so dikwels verstik word. Hy breek die Woord in eenvoudige wyse oop dat die leser nie slegs kennis win nie, maar ook dit kan gaan toepas om te groei in die geloof. Ek sien uit om in geloof te sien watter vrug hierdie skrywe in ons land se geskiedenis gaan lewer! Retief Burger Sanger, Skrywer en Gemeenteleier  DIE BOEK WAT DEUR Pastoor Willem Nel geïnspireerd en tot ¿ werklikheid gebring is, se titel is heel gepas Wanneer die onmoontlike moontlik word. Die woorde van die titel is moontlik die beste opsomming van die kwaliteite wat hy in sy bediening inbring en daarom ook in die boek wat sterk gegrond is in dit wat hy glo en elke dag ook in elke faset van sy lewe uitleef. Hy leef en word deur geloof gedryf, ¿ geloof wat in die diepste sin van die woord as aktief beskryf kan word, ¿ geloof wat uitgaan om te doen wat gedoen moet word om die  Koninkryk van God uit te bou, om mense te oortuig om hierdie geloof te omhels en in liefde, deernis en nederigheid betrokke te raak by die werk van God hier op aarde. Sy geloof is soos staal in die smeltkoers van aardse lyding en terugslae getoets, maar dit het hom nie van koers af gebring nie. Sy boodskap bly net om te luister na God se Woord, om aktief te bly en te bou – te bou aan die stad waarheen God hom gelei het en om ander te betrek in dieselfde visie en om hulle te inspireer om saam met hom aan die groter heerlikheid van die Here, sy Leidsman, sy Bemoediger en sy Ligbaken, te bou. Wanneer die onmoontlike moontlik word neem die leser op ¿ reis van wonderlike wonderwerke, moontlikhede en insigte. Ek beveel dit vir enigiemand aan wat in die teenwoordigheid van God wil groei.  Prof. Annette Combrink Voormalige rektor van die Potchefstroom Kampus van die Noordwes Universiteit asook voormalige Burgermeester Tlokwe Stadsraad