Vier Susters

Vier Susters

by Gerda Taljaard
Vier Susters

Vier Susters

by Gerda Taljaard

eBook

$11.99  $15.50 Save 23% Current price is $11.99, Original price is $15.5. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag. Ivy, die jongste, wil ’n onbevange lewe hê, ’n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry. Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af. Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens. Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien. Waar Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf. Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.

Product Details

ISBN-13: 9781485904779
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 05/01/2021
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 272
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Gerda Taljaard is die skrywer van die romans ’n Engel in die hoenderhok, Kelder en Die laksman se dogter asook die kortverhaalbundel Maansiek. Haar gedigte en verhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Die laksman se dogter het ook ’n kykNET-Rapport-prys gewen. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews