Plaasstories vir 'ie siel

Plaasstories vir 'ie siel

by Dalene de Bruyn Joubert
Plaasstories vir 'ie siel

Plaasstories vir 'ie siel

by Dalene de Bruyn Joubert

eBook

$4.00 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Sonder om te bluf of te bloos ...
Op die vlakte met sy hier en daar se kalkrante tussen Riversdal en Jongensfontein hoef ons nie ’n storie op te maak nie. Stories en boomversies gebeur vanself kant en klaar net vir oorvertel. So, ons lieg nooit, behalwe as ons nou nie saamstem met die storie nie; dan stêk ons daardie storiehopie in sy mate net soos hy behoort te gewees het. En dis nou ôk nes hierdie stories in die lewe begin kom het.

“Bert! Dantjie! Julle twee moet hier kom kyk! Hier kom een van Hansie Saayman se koeie oor die werf aangery!”
“Wat?! Ag ou man. Jy kin darem die grootste nonsies praat.”
“Nee, ek moet sê: Daai man leer sy koeie darem wragtag goed hoor. ’n Anner man kin niks dáárop sê nie. So ’n swêrkater. Dantjie, kom kyk hier!”
Tjirt-tjirt-tjirt-woep, dood – daar vrek die Volksie net voor ons yard.
Nou het Pa se lag sy praat uitgegroei en hy toets nou behoorlik die yard-hekkie se skarniere soos hy op sy arms daaroor leun, want sy bene is seker al lam van die gelag. Ek maak dat ek
buite kom, want my nuuskierigheid het die oorhand gevat oor my verantwoordelikheid om my tande ordentlik te borsel. Dít moet ek met my eie twee kykers kin aanskou.

Plaasstories vir ’ie siel is meer as vertellings oor ’n kontrei. Dis ’n saamlees, saamreis en inklouter – en soms selfs indons – binne ’n anner wêreld, maar, meer nog, ’n kykie in egte mense se binnekant – waarin jy dalk iets van jouself kan raaksien.

Onder die posboom op my Arrie-se-kraal
hang ’n geroeste outydse skaal
Vir maaifoedies lê ’n slagyster gestel
uit ’n ietwat vorige bestel
Agter my seil ’n slang in die gras verby
’n Verneukery? Sê jy? Sie jy!


Product Details

BN ID: 2940046127874
Publisher: Dalene de Bruyn Joubert
Publication date: 07/31/2013
Sold by: Smashwords
Format: eBook
File size: 207 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Dantjie, alias Dalene de Bruyn Joubert, het op Riversdal in die Suid-Kaap die eerste keer die Suiderkruis van die onderkant kant af gesien. Sy het haar skoolpad geloop al om die potkleigatslimmighede tot in matriek by die Hoërskool Langenhoven op Riversdal. Daarna het sy gedink sy word wys en by ʼn nuwe potkleigat se wetenskap ingeklouter:

BA graad in Lettere en Wysbegeerte by UPE, Honneurs in Afrikaanse Letterkunde by Stellenbosch se Universiteit. Dit het Dantjie goed ge-trein om met tale te boer: skryf haar in vir ‘n taalnavorsers- en opnemerskursus by Global Recordings Network. Haar oë val op taal- en kultuurnavorsing in Suider-Afrika. In 1992 help sy om arm mense ook tale te laat hoor. Sy fokus op die ontwikkeling van oudiovisuele onderrigmateriaal in verskillende Suider-Afrika tale. In 2003 maak sy ‘n opvolgkursus klaar by GRN en daar kon sy toe ander met wysheid help as senior opnemer en tutor.

Dantjie het ook saam met die tye beweeg en digitaal geraak: vandag doen sy klankopnames en klankversorging en help dat projekte mooi saamval.
Dalene de Bruyn Joubert, skrywer van "Plaasstories vir 'ie siel"

Dalene de Bruyn Joubert

Dantjie het ook haarself geleer sing vandat sy elf is – lirieke wat sy self geskryf het. Sy het vir die taal waarvoor sy so liefgeraak het, ʼn eie deuntjie-pullover oorgetrek. Nadat ʼn hele geslag kontreimense onder die kluite beland het, begin haar pen vanself te praat en te brêg en te bieg oor haar omgewing – waar sy grootgeword en hoe sy haar werf deur ʼn kind se oë gesien kleur kry het.

Dit was die eerste kallers op haar woordwerf: drie kortverhaalbundels, met Plaasstories vir ’ie siel wat in Maart 2012 deur Benedic Boeke uitgegee is. Begin Februarie 2013, het sy haar kallers hans begin grootmaak: nou is daar ʼn tweede druk van Plaasstories op die werf, onder haar eie Plaasnaam: Dalene Joubert Produkte.

– en sommer ook op die WWW WERF.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews