By fakkellig

By fakkellig

by Karel Schoeman
By fakkellig

By fakkellig

by Karel Schoeman

eBook

$10.99  $12.90 Save 15% Current price is $10.99, Original price is $12.9. You Save 15%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Dit is Ierland aan die einde van die agtiende eeu: ’n Ierland onder die hiel van die Engelse heerser, sy volk onderdruk, magteloos, sonder regte. Die opstandsgevoel neem toe, ook onder invloed van die Franse Rewolusie en Napoleon se opkoms. Teen hierdie agtergrond maak David, jonger broer van sir Arthur, heer van Donore, onverwags kennis met die Ierse volk. Hy raak bevriend met die skoolmeester Liam O Néill, die verarmde Séamas Bán, die priester O Floinn, met die meisies Nóra en Eilís . . . en hy bevind hom in ’n posisie waar ’n keuse aan hom opgedwing word, teen sy sin. “Een ding het hy egter besef, dat niks hierna meer dieselfde kan wees nie . . . Soos op ’n golf is hy voortgespoel deur die gang van sake, en die gety sou nie bly staan in sy stroming of hom terugkeer nie.” David weier om hom by enige groep te skaar – hy wil alleen homself bly en met sy vriende verkeer – maar dit is nie moontlik nie en onverbiddelik beweeg omstandighede hom om tog daadwerklik die Iere te probeer help. Die uiteinde is vir David tragies en ironies: “Geen mens wat begryp nie, en ná sy dood ook geen mens wat sal weet hoe dit was nie; indien daar ’n beeld van hom bly voortbestaan, sal dit iets wees wat geen verband hou met die werklikheid nie.” By fakkellig is ’n ontroerende roman waarin die Ierse landskap, die rustige leefwyse van die adel, die verbitterde bestaan van die boerevolk en die vertwyfeling van Arthur uitgebeeld word op ’n wyse wat herinner aan Yeats se woorde van byna twee eeue later: “A terrible beauty is born”.

Product Details

ISBN-13: 9780798173131
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 04/16/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 212
File size: 569 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Karel Schoeman is op 26 Oktober 1939 in Trompsburg in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1956 aan die Hoër Jongenskool in die Paarl. In 1959 verwerf hy ʼn B.A. Tale aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1961 sluit hy by die Fransiskaanse Orde in Ierland aan as novise vir priesterskap, maar keer dan terug na Bloemfontein om ʼn Hoër Diploma in Biblioteekkunde te verkry. Voordat hy in 1983 finaal na Suid-Afrika terugkeer, is hy onder andere bibliotekaris in ʼn Amsterdamse biblioteek en verpleër in Glasgow, Skotland. Hy het van 1983 tot met sy aftrede in 1998 as argivaris by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad gewerk. Tans woon hy op sy geboortedorp, Trompsburg. Karel is nie net bekend as romanskrywer nie, maar ook as historikus en vertaler. Hy het al drie keer die Hertzogprys vir prosa ontvang in 1971 (By Fakkellig, ʼn Lug vol helder wolke en Spiraal), 1986 (ʼn Ander land) en 1995 (Hierdie lewe). Hy het die Recht Malan-prys vir niefiksie al vier keer ontvang. Sy outobiografie wat in 2002 verskyn het, is getiteld Die laaste Afrikaanse boek.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews