Wie Gaan in 2019 Regeer?

Wie Gaan in 2019 Regeer?

by Jan-Jan Joubert
Wie Gaan in 2019 Regeer?

Wie Gaan in 2019 Regeer?

by Jan-Jan Joubert

eBook

$10.23 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 'n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig?

Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario's en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind.

Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC 'n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?

Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party 'n volstrekte meerderheid behaal nie.

In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.


Product Details

ISBN-13: 9781868429097
Publisher: Jonathan Ball
Publication date: 05/09/2018
Sold by: Bookwire
Format: eBook
Pages: 280
File size: 366 KB
Language: Afrikaans

About the Author

JAN-JAN JOUBERT doen al sedert 2001verslag uit die parlement. Hy was vantevore politieke redakteur van Die Burger, Beeld en Rapport en ook adjunk-redakteur: politiek, parlementêre sake en meningstukke vir die Sunday Times. Joubert is ’n gereelde gas op radio- en televisieprogramme soos Kommentaar, asook Monitor en Spektrum, op rsg, en op kykNET se Verslag in gesprek met Waldimar Pelser. Hy gee ook gereeld klas in politieke joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en ander instellings.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews