In 'n land sonder voëls

In 'n land sonder voëls

by Harry Kalmer
In 'n land sonder voëls

In 'n land sonder voëls

by Harry Kalmer

eBook

$10.49  $13.50 Save 22% Current price is $10.49, Original price is $13.5. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

"Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demo­krasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwo­ners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek. So het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik. Wanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf, raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie. In ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak."

Product Details

ISBN-13: 9781485904182
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 06/01/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 216
File size: 499 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Harry Kalmer is die skrywer van ses en twintig toneelstukke en twaalf boeke. Werke vir die teater sluit in Briewe aan ’n rooi dak, wenner van ’n Anglo-Gold/Aardklop-toekenning vir beste nuwe drama en verwerk vir televisie, en The Bram Fischer waltz, bekroon met die Adelaide Tambo-toekenning vir menseregte in die kunste. En die lekkerste deel van dood wees is in 2007 as die naaswenner van die Sanlam/Insig Groot Roman-wedstryd aangewys, en in 2018 word sy boek A thousand tales of Johannesburg met die Sunday Times se Barry Ronge-prys vir fiksie bekroon. Hy woon in Johannesburg.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews