'n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030

'n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030

by Frans Cronje
'n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030

'n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030

by Frans Cronje

eBook

$10.99  $14.28 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.28. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende vyftien jaar ontvou? Die afgelope paar jaar het Suid-Afrika dramatiese veranderinge ondergaan: Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe. Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat? In dié boek ontleed die bekende scenariobeplanner Frans Cronje die jongste tendense en skets vier splinternuwe scenario's vir die land se toekoms. Is Suid-Afrika op pad om 'n meer sosialistiese staat te word waar die regering op individue se grond en rykdom beslag lê? Of gaan die status quo seëvier en die gaping tussen ryk en arm vergroot terwyl misdaad die hoogte inskiet? Gaan ons demokratiese regte en vryhede toenemend verminder? Of gaan 'n reënboog onverwags sy verskyning maak? Cronje se nuwe scenario's is 'n nugter kompas vir Suid-Afrika se hoogs onvoorspelbare toekoms.

Product Details

ISBN-13: 9780624081418
Publisher: Tafelberg
Publication date: 05/03/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Frans Cronje is 'n scenariobeplanner en die uitvoerende hoof van Suid-Afrika se vernaamste navorsingsinstituut oor beleidsake, die IRV. In 2007 het hy die Sentrum vir Risiko-ontleding by die IRV gevestig, wat beleidmakers, strategiese beplanningspanne en maatskappye adviseer oor kort-, middel- en langtermyn- strategiese besluite vir Suid-Afrika. Hy het oor die afgelope jare talle van Suid-Afrika se belangrikste buitelandse en binnelandse beleggers, sowel as regeringsagentskappe en talle groot buitelandse regerings, van raad bedien en vir hulle scenario's uitgestippel. Sy eerste boek, A Time Traveller's Guide to Our Next Ten Years, is in 2014 gepubliseer. Cronje het by St John's College in Houghton, Johannesburg, skoolgegaan en aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer. Sy PhD in scenariobeplanning het hy aan die Noordwes-Universiteit behaal. Voordat hy by die IRV aangesluit het, het hy in die VSA gewoon en gewerk en 'n jaarlange ekspedisie van Kaapstad na Kaïro voltooi.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews