Blits: Perlemoendiewe

Blits: Perlemoendiewe

Blits: Perlemoendiewe

Blits: Perlemoendiewe

eBook

$6.99  $7.60 Save 8% Current price is $6.99, Original price is $7.6. You Save 8%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hannes en Zander is die konings van Melkbosstrand. As hulle nie die lane op hulle longboards deurkruis of elke moontlike sonskyndag op hulle surfboards is nie, hang hulle uit by Goofy’s, waar Luna naweke en vakansies waitress. En hulle ken Melkbos en sy mense – daarom staan die ou in die paneelwa wat Hannes amper van die pad af ry soos ’n seer duim uit. Hier kom moeilikheid, weet Hannes. Melkbos se blitsspeurders het werk om te doen! Nadine en Adriaan Blom is ’n ma-en-seun-skryfspan van Melkbosstrand. Hierdie is hulle eerste boek.

Product Details

ISBN-13: 9780624081807
Publisher: Tafelberg
Publication date: 06/05/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 128
File size: 1 MB
Age Range: 9 - 12 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Nadine Blom skop haar sangloopbaan in 2003 by die KKNK af, waar sy optree as deel van die vokale groep Cutt Glass. Daarna volg Supercool, ’n reeks CD's en DVD's gemik op die tween-kindermark. Haar mees onlangse CD-vrystelling, “Wiskunde is Supercool” is uitgereik in samewerking met CAMI Education. Nadine is tans ’n ingeskrewe nagraadse student aan die UJ en doen 'n Meestersgraad in Internasionale Reg. Sy toer ook steeds landswyd met Supercool en Die Jaloersbokkies, lg. in samewerking met Taliep Petersen se dogter, Jawaahier Petersen. Nadine is in Mei 2016 deur die Dagbreek Trust as Afrikaanse ambassadeur aangewys en haar projekte word deur die Dagbreek Trust onderskryf en ondersteun. Haar lewensfilosofie is: "Moenie uitstel nie, doen dit nou!" Sy is gek oor baklava en biltong en ma van die 14-jarige Adriaan, wat graag ’n meesterbrein-“hacker” wil wees om internasionale boewe vas te trek.
Adriaan Blom is 'n leerder aan Hoërskool Melkbosstrand. Op twaalfjarige ouderdom neem hy sy pen op en begin 'n avontuurverhaal vir kinders skryf saam met sy ma, Nedine Blom. Sy eerste liefde is tennis, maar hy geniet ook rekenaarprogrammering en kuier graag met vriende. Dit is sy droom om 'n "hacker" te word en as deel van 'n internasionale hacker-weldoenersgroep internasionale misdaad te bekamp en die kuberruim te beveilig vir kinders. As hy nie op die tennisbaan is, social of op Instagram nie, veg hy die vyand in Black Ops voor sy Xbox. Sy worshonde se name is Lilly en Connor en sy gunstelingtydverdrywe is om te longboard deur Melkbosstrand se lane of te chill met 'n Oreo Krusher in die hand.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews