Breek

Breek

Breek

Breek

eBook

$8.49  $9.67 Save 12% Current price is $8.49, Original price is $9.67. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

“As iemand my vertel het ek gaan die meisie van my drome in ’n laundromat ontmoet, het ek seker gesê: Hoekom nie? In ’n wassery wat ruik na rook, vreemdelinge se vuil klere en ou kos? Waar seeppoeier soos skilfers op ’n ongesonde kopvel gestrooi lê? Sure! Plekke met kerse, rose en musiek, waar meisies met Julia Roberts-monde en blink hare GQ-hunks op die lyf loop, is bedoel vir vervelige movies en boeke wat niks sê nie. Dis soapie-materiaal. Ek het Justie in ’n laundromat ontmoet . . .” Hierdie verhaal deur die veelbekroonde en gewilde skrywer Barrie Hough en die ewe bekende verhoogpersoonlikheid Lizz Meiring het eers as verhoogstuk sukses behaal voordat dit in romanvorm beslag gekry het. Dit beloof om ewe gewild te wees as Barrie Hough se vorige boeke.

Product Details

ISBN-13: 9780624078456
Publisher: Tafelberg
Publication date: 12/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 120
File size: 368 KB
Age Range: 12 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Barrie Hough is op 17 Januarie 1953 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1970 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en studeer B.A. Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1980 behaal hy ’n M.A.-graad in Engels met ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. Hy hou vir vier jaar skool by St. Barnabas College en word in 1979 voltyds as toneelresensent by Beeld aangestel. Later jare is hy op die kunsredaksie van Rapport, waar hy oor flieks, teater en letterkunde skryf, en in 1999 as kunsredakteur aangestel word. Barrie is op 16 Augustus 2004 oorlede.
Lizz Meiring staan bekend as een van Suid-Afrika se mees veelsydige vermaaklikheidskunstenaars. Sy is ’n gevierde aktrise, en is ook bekend as televisie aanbieder, teaterregisseur, dramaturg, romanskrywer, teksskrywer, lektor, teatervervaardiger, joernalis, gewilde seremoniemeester, gasspreker, stemkunstenaar en draaiboekskrywer. Sedert sy meer as 30 jaar gelede as aktrise in die kunste- en vermaaklikheidsbedryf begin het, was sy nog nooit sonder werk nie en as veelsydige bedryfspersoon is sy dikwels met verskeie projekte tegelyk besig.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews