Die koning se wingerd
Agab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydsgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baäl in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Hierdie boek vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering... Die geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en gedink het. Hy laat dié aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat só deurskemer is verstommend relevant vir vandag.
1126739639

10.99 In Stock
Die koning se wingerd

Die koning se wingerd

by Franc?ois Alwyn Venter
Die koning se wingerd

Die koning se wingerd

by Franc?ois Alwyn Venter

eBook

$10.99  $14.28 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.28. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

Overview

Agab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydsgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baäl in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Hierdie boek vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering... Die geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en gedink het. Hy laat dié aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat só deurskemer is verstommend relevant vir vandag.

Product Details

ISBN-13: 9780796320759
Publisher: Lux Verbi
Publication date: 07/07/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 336
File size: 468 KB
Language: Afrikaans

About the Author

François Alwyn Venter is op 27 November 1916 op Hopetown gebore. Hy gaan skool op Vioolskraal, Strydenburg en Hopetown. Hy matrikuleer in 1934 aan die Hoërskool Hopetown en gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1938 begin Venter as joernalis werk in Kaapstad en later ook Pretoria, Windhoek en Johannesburg. In 1960 gaan boer hy op 'n plaas naby Kenhardt, en tien jaar later begin hy boer naby Vredendal in die Olifantsriviervallei. In 1976 gaan tree hy in die Strand af waarna hy voltyds begin skryf. F.A. Venter was bekend vir sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke. Hy het ook populêre fiksie onder die skuilname Meiring Fouché, Elske te Water, René Stegmann en Marius de Jongh geskryf. Die Hertzogprys vir prosa is in 1961 aan Venter toegeken vir Swart pelgrim en Geknelde land. Laasgenoemde was deel van die trekker-tetralogie wat in die 1960's verskyn het en ook Offerland, Gelofteland en Bedoelde land insluit. Sy laaste boek, Van Botterkraal na Altena, het in 1996 ter viering van sy 80ste verjaardag verskyn. Dit was 'n keur uit sy vier outobiografiese werke. Sy outobiografiese vertelling Die keer toe ek my naam vergeet het is in 1996 met die Andrew Murray-prys bekroon. Dié boek handel oor sy herstel nadat hy in 1990 'n beroerte gehad het. F.A. Venter is op 8 Julie 1997 op 80-jarige ouderdom oorlede.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews