Die Laaste sewe dae

Die Laaste sewe dae

by Murray Janson
Die Laaste sewe dae

Die Laaste sewe dae

by Murray Janson

eBook

$7.49  $8.57 Save 13% Current price is $7.49, Original price is $8.57. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Die Bybel praat van eeue en jare en maande en weke en dae. Maar meestal van dae, omdat selfs die eeue tog ook maar dae is. Tog lees ons in die Bybel ook van weke wat stadig verbygegaan het omdat hulle so vol was, of wat eintlik nooit verbygegaan het nie. Een so ’n week was die laaste week van Jesus se lewe op aarde, toe Hy al die pyn en smart, al die hoon en haat van hierdie wêreld gely het. Tog was die laaste week uiteindelik vol blydskap: Die son het weer opgekom oor die nuwe môre van die opstanding. En uit die skeur in die aarde het die Lewensvors gestap, vol genade vir ál ons weke. Omdat Hy in daardie week vir alles gely het, kom Hy om ons uit te lei uit ons weke van smart na sy weke van genade, na sy ewige liefde. Nou kyk ons terug op daardie laaste week. Maak ons dié week weer dae. Want dit was oorspronklik dae, sewe dae van Sondag tot Saterdag, sewe dae van gebeurtenisse en smart. Die laaste sewe dae gee vir ons ’n blik op Jesus se voetspore dag ná dag deur die laaste week van sy lyding op aarde. Murray Janson vat die gegewens uit al vier die Evangelies chronologies saam om ’n aangrypende geheelbeeld te vorm van daardie dramatiese laaste sewe dae.

Product Details

ISBN-13: 9780796318305
Publisher: Lux Verbi
Publication date: 02/01/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 128
File size: 618 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Murray Janson (1928 – 2002) was vir ’n kwarteeu lank NG-leraar van die Lynnwood-gemeente in Pretoria. Daarna het hy professor in praktiese teologie aan Unisa geword. Ondertussen het hierdie geliefde skrywer ook byna 31 jaar lank die gewilde Huisgenoot-rubriek “Sake van die Hart” behartig, en boonop 60 boeke gepubliseer.

Read an Excerpt

Die Bybel praat van eeue en jare en maande en weke en dae. Maar meestal van dae, omdat selfs die eeue tog ook maar dae is. Tog lees ons in die Bybel ook van weke wat stadig verbygegaan het omdat hulle so vol was, of wat eintlik nooit verbygegaan het nie. Een so ’n week was die laaste week van Jesus se lewe op aarde, toe Hy al die pyn en smart, al die hoon en haat van hierdie wêreld gely het.
Tog was die laaste week uiteindelik vol blydskap: Die son het weer opgekom oor die nuwe môre van die opstanding. En uit die skeur in die aarde het die Lewensvors gestap, vol genade vir ál ons weke. Omdat Hy in daardie week vir alles gely het, kom Hy om ons uit te lei uit ons weke van smart na sy weke van genade, na sy ewige liefde.
Nou kyk ons terug op daardie laaste week. Maak ons dié week weer dae. Want dit was oorspronklik dae, sewe dae van Sondag tot Saterdag, sewe dae van gebeurtenisse en smart.
Die laaste sewe dae gee vir ons ’n blik op Jesus se voetspore dag ná dag deur die laaste week van sy lyding op aarde. Murray Janson vat die gegewens uit al vier die Evangelies chronologies saam om ’n aangrypende geheelbeeld te vorm van daardie dramatiese laaste sewe dae.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews