Ena Murray Omnibus 40

Ena Murray Omnibus 40

by Ena Murray
Ena Murray Omnibus 40

Ena Murray Omnibus 40

by Ena Murray

eBook

$10.99  $12.44 Save 12% Current price is $10.99, Original price is $12.44. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Sonneblomstraat 7 Die kaartehuis van Niel en Wanya Cloete stort in duie die dag toe Niel, grootbaas van Rock Trust en wonderkind van die finansiële beleggingswêreld, as swendelaar ontmasker word. Duisende beleggers, onder wie ou mense wat hul laaste bietjie spaargeld verloor, bevind hulle skielik reddeloos op straat. Ook Wanya kom nie skotvry daarvan af nie. Terwyl Niel in die tronk sit, moet sy die gelag betaal. Sy word verder in trurat geslinger toe sy ná ’n oortreding tot gemeenskapsdiens in tant Bes se sopkombuis in Sonneblomstraat 7 gevonnis word. Maar eintlik is dit ’n bedekte seën, want hier leer sy mense en waardes ken wat haar lewe voortaan onherroeplik sou verander . . . onder andere Roelof Rossouw, die maatskaplike werker wat ’n ogie oor haar moet hou. In Sonneblomstraat 7 val die meetsnoere vir baie mense tog in lieflike plekke – al kos dit meet en pas om liggaam en siel aan mekaar te hou. Die dae van ons nietigheid Die probleem met Lizl Landman is dat sy briljant is. Beeldskoon, blond, ’n gekurfde droom . . . maar te professioneel perfek vir Willem Claassen se ego. Die twee top mediese studente is in ewige kompetisie. En die liefde hou nie van kompetisie nie. Lizl weier om haar toekomsdrome as dokter te verpand vir ’n tradisionele huwelikslewe. Eers ná tien jaar kruis hul paaie – en swaarde – weer wanneer Fritz Hancke, skatryk boer en pasiënt van Willem, in ’n stadshospitaal beland. Haar diagnose: kwaai griepaanval en bloeiende maagseer. Sy diagnose: Kongokoors. Saal B3 word onder kwarantyn geplaas, so ook Lizl. Een verkeerde diagnose, en skoppensboer se lag klink skel in haar hospitaal, haar gewete, haar hart. Soveel lewens kom op die spel . . . In Die dae van ons nietigheid moet ook Willem en Lizl leer: Met tyd speel jy nie – ons lewe in die dae van nietigheid. Die uurglas loop leeg Karien Saayman, wie se lewe altyd so op koers was, se kompas is aan’t wankel. Die hospitaal waar sy verpleegsuster is, se Don Juan, dr. Arnold Lutz, het sy oog op haar en sy weet nie hoe om sy onwelkome attensies die hoof te bied nie. Selfs die feit dat sy met Hannes Eksteen, vooruitstrewende boer van die plaas Franskraal, trou, skrik die voortvarende dr. Lutz nie af nie. Dan verskyn dr. Christian Willems, briljante chirurg, op die toneel, en in plaas daarvan dat hy vir haar uitkoms bied, word Karien se lewe net verder deurmekaar gekrap. Uiteindelik is dit ’n terminaal siek meisietjie van vyf wat vir die erg beseerde Hannes en die ander weerlose en ontredderde grootmense die pad na herstel aanwys. In Die uurglas loop leeg is daar veral een lewensles te leer: om voluit te leef is ’n gawe wat elkeen self moet ontdek.

Product Details

ISBN-13: 9780624065685
Publisher: Jasmyn
Publication date: 12/12/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 404
File size: 774 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike geneesheer, en dis hier waar haar groot belangstelling in die geneeskunde ontstaan het. Verskeie van haar verhale het dan ook ’n hospitaal as milieu. Deesdae woon sy op Mosselbaai.

Read an Excerpt

Sonneblomstraat 7

Die kaartehuis van Niel en Wanya Cloete stort in duie die dag toe Niel, grootbaas van Rock Trust en wonderkind van die finansiële beleggingswêreld, as swendelaar ontmasker word. Duisende beleggers, onder wie ou mense wat hul laaste bietjie spaargeld verloor, bevind hulle skielik reddeloos op straat.

Ook Wanya kom nie skotvry daarvan af nie. Terwyl Niel in die tronk sit, moet sy die gelag betaal. Sy word verder in trurat geslinger toe sy ná n oortreding tot gemeenskapsdiens in tant Bes se sopkombuis in Sonneblomstraat 7 gevonnis word.

Maar eintlik is dit n bedekte seën, want hier leer sy mense en waardes ken wat haar lewe voortaan onherroeplik sou verander . . . onder andere Roelof Rossouw, die maatskaplike werker wat n ogie oor haar moet hou.

In Sonneblomstraat 7 val die meetsnoere vir baie mense tog in lieflike plekke al kos dit meet en pas om liggaam en siel aan mekaar te hou.

Die dae van ons nietigheid

Die probleem met Lizl Landman is dat sy briljant is. Beeldskoon, blond, n gekurfde droom . . . maar te professioneel perfek vir Willem Claassen se ego. Die twee top mediese studente is in ewige kompetisie. En die liefde hou nie van kompetisie nie.

Lizl weier om haar toekomsdrome as dokter te verpand vir n tradisionele huwelikslewe. Eers ná tien jaar kruis hul paaie en swaarde weer wanneer Fritz Hancke, skatryk boer en pasiënt van Willem, in n stadshospitaal beland. Haar diagnose: kwaai griepaanval en bloeiende maagseer. Sy diagnose: Kongokoors.

Saal B3 word onder kwarantyn geplaas, so ook Lizl. Een verkeerde diagnose, en skoppensboer se lag klink skel in haar hospitaal, haar gewete, haar hart. Soveel lewens kom op die spel . . .

In Die dae van ons nietigheid moet ook Willem en Lizl leer: Met tyd speel jy nie ons lewe in die dae van nietigheid.

Die uurglas loop leeg

Karien Saayman, wie se lewe altyd so op koers was, se kompas is aant wankel.

Die hospitaal waar sy verpleegsuster is, se Don Juan, dr. Arnold Lutz, het sy oog op haar en sy weet nie hoe om sy onwelkome attensies die hoof te bied nie. Selfs die feit dat sy met Hannes Eksteen, vooruitstrewende boer van die plaas Franskraal, trou, skrik die voortvarende dr. Lutz nie af nie.

Dan verskyn dr. Christian Willems, briljante chirurg, op die toneel, en in plaas daarvan dat hy vir haar uitkoms bied, word Karien se lewe net verder deurmekaar gekrap.

Uiteindelik is dit n terminaal siek meisietjie van vyf wat vir die erg beseerde Hannes en die ander weerlose en ontredderde grootmense die pad na herstel aanwys.

In Die uurglas loop leeg is daar veral een lewensles te leer: om voluit te leef is n gawe wat elkeen self moet ontdek.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews