eBook

$10.99  $14.51 Save 24% Current price is $10.99, Original price is $14.51. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie. Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.

Product Details

ISBN-13: 9780624065777
Publisher: Jasmyn
Publication date: 11/20/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 220
File size: 4 MB
Language: Afrikaans

About the Author

FRANÇOIS BLOEMHOF is die enigste skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Van sy ander pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self hul wenboeke aanwys. Daarbenewens het hy al tekste vir die verhoog (’n kabaret, drama en twee tienertoneelstukke) en radio (dramas en vervolgverhale) gelewer. Onder sy baanbrekerswerk (op wêreldwye vlak en nie bloot plaaslik nie) tel die eerste boek met ’n oorspronklike (selfgekomponeerde) CD-klankbaan, eerste boek met ’n eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Daarbenewens het hy ook gesorg vir die eerste Afrikaanse strokiesreeks en die heel eerste e-boek in Afrikaans. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent, -joernalis en -samesteller. Hy was ook al verhaleredakteur by Sarie en boekeredakteur by Die Burger. Rolprent- en musiekwerk is sy nuutste “tydverdrywe”. Hy woon in Durbanville.
Akteur, skrywer en vervaardiger IVAN BOTHA is bekend vir sy hoofrol as Wimpie Koememoer in die suksesvolle Bakgat-filmtrilogie, asook as Pieter van Heerden in die gewilde SABC2-sepie 7de Laan. Hy is die medeskrywer en -vervaardiger van die film Pad na jou hart wat op 14 Febuarie 2014 vrygestel word, waarin hy ook die hoofrol van Basson van Rensburg vertolk. Hy is mede-eienaar van die maatskappy Memory Box Productions. Ivan het sy Ndip in Drama in 2006 aan die Tswhane Universiteit van Tegnologie ontvang en gespesialiseer in regie en teks skryf. Na sy studies het hy die karakter van Roberto Martinelli in die kykNET-sepie Villa Rosa gespeel. Sy TV-werk sluit in die SABC-produksies Justice for all en Riemvasmaak, asook kykNET se Getroud met rugby. Hy het ook die musiekprogram MK live op DSTV-kanaal 324 aangebied. Sy filmkrediete sluit Hond se dinges, Superhelde (waarvan hy medeskrywer was), Roepman en Verraaiers in, en sy teaterwerk Dis ek, Anna, Hel op Hemel en Aarde en Ben Babsie en familie. Hy is ’n ambassadeur vir die kinderliefdadigheidsorganisasie Help-Net.
Die aktrise en model DONNALEE ROBERTS is bekend vir haar rol as Annelie van Heerden in 7de Laan. Sy het in 2013 die hoofrol van Cybil Ferreira in die film Klein Karoo vertolk. Donnalee is medeskrywer en -vervaardiger van Pad na jou hart en speel die vroulike hoofrol (Amory). Sy is ook mede-eienaar van die maatskappy Memory Box Productions. In 2006 is sy aangewys as die Universiteit van Pretoria se Joolkoningin en Mej. Kampus Suid-Afrika, en het sy die Universiteit van Pretoria by die Wêreld Mej. Universiteit in Suid-Korea verteenwoordig, waar sy as International Goodwill Ambassador aangewys is. Sy het in dieselfde jaar aan die Universiteit van Pretoria haar BA Drama-graad ontvang en nog twee jaar aan die Performing Arts and Lifestyle Institute-filmskool in Pretoria studeer, waar sy hoofrolle in verskeie studentefilms vertolk het. In 2012 het sy aan die bekende New York Film Academy ’n diploma in filmtoneelspel ontvang. Sy is tans ’n ambassadeur vir die kinderliefdadigheidsorganisasie Help-Net asook Toys for Africa, en is ook betrokke by verskeie ander Suid- Afrikaanse liefdadigheidsorganisasies.

Read an Excerpt

Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie.

Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews