Tienerharte 2: Hartbreker

Tienerharte 2: Hartbreker

by Cecilia Steyn
Tienerharte 2: Hartbreker

Tienerharte 2: Hartbreker

by Cecilia Steyn

eBook

$6.99  $7.83 Save 11% Current price is $6.99, Original price is $7.83. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Stefan vry graag in die bondel. Hy is definitief nie 'n ou vir commitment nie. Maar sy suster se vriendin, Ciska, is nie soos ander meisies nie. Haar rooi hare is net so rebels soos sy en as sy vir hom kyk, kry hy 'n snaakse pyn oor sy hart. As ʼn dokter hom sou vra, sou hy moes erken hy het hierdie gevoel al van Desember af toe Ciska Rossouw in sy lewe ingestap het. Maar vir die rekord: Hy is nie verlief nie en hy sal ook nooit verlief raak nie. Ciska wil nooit van 'n man afhanklik wees nie. Sy het 'n sewe-jaar-plan om haar studies klaar te maak en te begin werk, en sy is trots daarop. Dán eers sal sy weer 'n verhouding oorweeg. Geen man sal ooit weer oor haar hart dans nie, daarvoor sal sy sorg. Want ouens soos Stefan Bruwer is gevaarlik. Veral met sy ondeunde glimlag en die aantreklike kuiltjie in sy ken . . . Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Product Details

ISBN-13: 9780798171595
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 06/06/2016
Series: Tienerharte , #1
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 180
File size: 770 KB
Age Range: 15 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Cecilia Steyn is die trotse ma van twee pragtige seuns en woon in Klerksdorp, Noord-Wes. Deesdae as sy nie lees nie, skryf sy. Sy is op 9 September 1974 in Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Na skool skop sy haar loopbaan af in die kleinhandel Apteekbedryf. Vandag is sy die takadministreerder van HealthPharm Wilkpoppies. Op die dappere ouderdom van 40 probeer sy in 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. Op 9 Januarie 2015 verskyn haar eerste kortverhaal, "Evan se Pizza", in die Vrouekeur, en in 2015 is haar eerste jeugromans aanvaar vir publikasie.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews