Tuisland

Tuisland

by Karin Brynard
Tuisland

Tuisland

by Karin Brynard

eBook

$9.99  $13.00 Save 23% Current price is $9.99, Original price is $13. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ’n bynes vas. Die brutale aanval op ’n Duitse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met ’n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Product Details

ISBN-13: 9781415206683
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 06/01/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 576
File size: 590 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Karin Brynard het as skrywer reeds verskeie toekennings verower, waaronder die Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Kreatiewe Skryfwerk, die atkv-prosaprys en twee M-Net-pryse. Haar boeke word ook in Engels, Duits, Frans en Nederlands uitgegee. Sy woon op Stellenbosch.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews