Binnerym van bloed
Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter. In Die binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê. Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen. Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.
1148093562

15.0 In Stock
Binnerym van bloed

Binnerym van bloed

by Antjie Krog
Binnerym van bloed

Binnerym van bloed

by Antjie Krog

eBook

$15.00 

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter. In Die binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê. Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen. Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.

Product Details

ISBN-13: 9781776391844
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 05/27/2025
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 248
File size: 34 MB
Note: This product may take a few minutes to download.
Language: Afrikaans

About the Author

Antjie Krog is gebore en word groot in die Vrystaat. Sy was sewentien toe haar eerste digbundel verskyn. Hierna volg ’n verdere dertien bundels. Sy was redakteur van die politieke tydskrif Die Suid-Afrikaan en werk later as radiojoernalis. Sy is internasionaal veral bekend vir haar boek Country of my skull, ’n persoonlike verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie. Vir haar joernalistieke werk is sy met die Pringle-toekenning bekroon. Sy is ook die skrywer van ’n Ander tongval en Begging to be black. Krog ontvang die belangrikste toekennings in die genres waarin sy werk: poësie, niefiksie en vertaling, onder meer die Eugène Marais-prys, die Hertzogprys, die Alan Paton-prys en die Olive Schreiner-prys. Sy is vereer met die Hiroshima Peace Culture Foundation se Stockholm-toekenning, die Sentraal-Europese Universiteit se Open Society Prize en die Nederlandse Gouden Ganzenveer. Sy is getroud met die argitek John Samuel.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews