6. MOORD IN DIE MYN - SWERWER SPEURDER REEKS
’n Oorverdowende reeks ontploffings skeur deur die Main Deep goudmyn en laat ’n spoor van vernietiging en chaos agter. Vir die polisie lyk dit na ’n tragiese ongeluk, maar vir die legendariese privaatspeurder Obed de Swardt, die swerwer-speurder, is daar iets wat nie heeltemal pluis is nie. Sy instinkte dui op sameswering.
Sy soektog na die waarheid dompel hom onmiddellik in lewensgevaar. Die laaste, koorsagtige woorde van ’n sterwende myningenieur, “die meisie... by die partytjie...” is die enigste leidraad, en dit maak van Obed ’n teiken. Hy word ontvoer deur twee geslepe en gewetenlose mans wat tot enige uiterste sal gaan om uit te vind wat hy weet. In ’n klam kelder, vasgeketting en vir dood agtergelaat, moet Obed op sy vindingrykheid en fisieke krag staatmaak om ’n grusame einde vry te spring. Maar sy ontsnapping ontketen ’n genadelose teenreaksie. Getuies begin een na die ander verdwyn in skynbare self moorde en geheimsinnige verdwynings, terwyl die spore van die meester brein agter die aanvalle al hoe kouer word. Terwyl sy vriend by die polisie, speurder sersant Ekkie Eksteen, se hande deur amptelike prosedures gebind is, bevind De Swardt hom in ’n eensame wedloop teen tyd.
Sy ondersoek lei hom tot in die glinsterende wêreld van hoë sosiale kringe, waar hy vasgevang word in die web van ’n beeldskone, enigmatiese vrou met ’n donker verlede. Haar dodelike sjarme en sy eie onverwagse gevoelens vir haar dreig om sy oordeel te vertroebel, net toe hy sy kop die helderste moet hou. Hy besef gou dat die ramp by Main Deep slegs die begin was van ’n komplot wat Suid-Afrika se goud bedryf op sy knieë wil dwing. Met ’n onsigbare vyand en die polisie wat hom eerder as ’n struikelblok as ’n bondgenoot sien, moet Obed dieper krap as ooit tevore. Maar in ’n spel waar lojaliteit ’n illusie en verraad ’n wapen is, is die grootste gevaar dalk nie die koeël van ’n sluipmoordenaar nie, maar die soen van ’n beeldskone verleidster.
#SwerwerSpeurderReeks

Moord in die Myn: 'n Obed de Swardt Riller, Boek 6
112

112Product Details
BN ID: | 2940182298070 |
---|---|
Publisher: | Pieter Haasbroek |
Publication date: | 08/16/2025 |
Series: | Swerwer Speurder Reeks , #6 |
Sold by: | PUBLISHDRIVE KFT |
Format: | eBook |
Pages: | 112 |
File size: | 4 MB |
Language: | Afrikaans |