Anderkant uit: Stories oor trauma en hoop: Stories oor trauma en hoop

Anderkant uit: Stories oor trauma en hoop: Stories oor trauma en hoop

Anderkant uit: Stories oor trauma en hoop: Stories oor trauma en hoop

Anderkant uit: Stories oor trauma en hoop: Stories oor trauma en hoop

eBook

$10.49  $12.44 Save 16% Current price is $10.49, Original price is $12.44. You Save 16%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In Hanlie Retief se gereelde onderhoude in Rapport oorreed sy doodgewone én beroemde mense om hulle harte behoorlik oop te maak en hul geheime met lesers te deel. Anderkant uit is 'n versameling van onderhoude met dié mense wat trauma en teenspoed beleef het - van verslawing, misdaad en siekte tot verlies - en daarin geslaag het om weer op te staan. Die onderhoude word opgevolg deur 'n kort bespreking oor die impak van trauma op dié mense se lewens deur die sielkundige Louis Awerbuck en Lise Swart, aanbieders van die radioprogram Wie is ek? Op RSG. Ons kan nie kies wat met ons gebeur nie, maar - soos hierdie aangrypende onderhoude wonderlik illustreer - kan ons wel kies hoe ons reageer op die onverwagte wat na ons kant toe kom.

Product Details

ISBN-13: 9780624073406
Publisher: Tafelberg
Publication date: 02/15/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 272
File size: 974 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Joernalis en outeur Hanlie Retief is bekend vir haar eerlike, kritiese - en tog empatiese - onderhoude in Rapport. Dié weeklikse onderhoude is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Onder die joernalistiekpryse wat sy al ontvang het, is die Sikuvile- en Piet Cillié-toekenning, asook Media24-Legends, twee ATKV-Mediaveertjies en 'n Cum Laude Alumni-toekenning van die Universiteit van die Vrystaat. Haar boek Byleveld: dossier van 'n baasspeurder is in 2011 deur Umuzi uitgegee, en Hanlie Retief gesels met ook in 2011, deur Protea Boekhuis. Orania is in 2014 deur Umuzi uitgegee. Hanlie woon met haar man en twee seuns in Kaapstad.
Lise Swart het bekendheid verwerf as agtergrondsangeres vir onder andere Anton Goosen, en as aanbieder van die kookprogram Roer! (KykNET en SABC3), die musiekprogram Pitstop (SABC2) en die tydskrifprogram Kwêla (KykNET). Haar ondervinding as assistent by 'n rehabilitasiesentrum in Londen (2001-2003) ná haar Drama-studie aan die Universiteit van Stellenbosch, het haar laat besef dat sy graag met mense wil werk en 'n bydrae wil lewer tot die bevordering van geestesgesondheid in Suid-Afrika. In Desember 2011 het sy en Louis Awerbuck verloof geraak en in Januarie 2012 is haar droom om 'n verskil te maak bewaarheid toe sy haar eie produksiemaatskappy, Saartjie Produksies, gestig het en kort daarna begin het met die vervaardiging, redigering en aanbieding van die nou reeds gewilde RSG-program Wie is ek? - met Louis en Lise.
Louis is 'n kliniese sielkundige wat sedert 1995 in privaat praktyk is. Sy loopbaan het by die SA Polisie se eenheid vir Misdaadgerigte Sielkunde begin waar hy toonaangewende navorsing gedoen het oor reeksmisdadigers. Hy was betrokke by die opleiding van nagraadse studente in Sielkunde, is 'n gepubliseerde skrywer en 'n geregistreerde praktisyn van Neuro-linguistieke Programmering. Hy spesialiseer in algemene psigoterapie met volwassenes, sielkundige assessering en sportsielkunde. Hy is ook intensief betrokke by konsultasie aan maatskappye vir leierskapsontwikkeling, opleiding, spanontwikkeling, keuring en plasing. Saam met sy verloofde, Lise Swart, bied hy tans die RSG-program, Wie is ek? - met Louis en Lise, aan.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews