Die groot drie: 'n Eeu van spotprente in Die Burger 1915-2015

Die groot drie: 'n Eeu van spotprente in Die Burger 1915-2015

by Francois Verster
Die groot drie: 'n Eeu van spotprente in Die Burger 1915-2015

Die groot drie: 'n Eeu van spotprente in Die Burger 1915-2015

by Francois Verster

eBook

$9.99  $11.00 Save 9% Current price is $9.99, Original price is $11. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Die Groot Drie bied ’n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wêreldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton. Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul knieë gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net dié drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom ’n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak. In hierdie boek gee Francois Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, ’n historiese asook onderhoudende oorsig van die bydrae wat elk van dié spotprenttekenaars gelewer het.

Product Details

ISBN-13: 9781776090198
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 06/01/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 216
File size: 52 MB
Note: This product may take a few minutes to download.
Language: Afrikaans

About the Author

Francois Verster het in die Bellville-omgewing grootgeword en op Stellenbosch gestudeer, waar hy ’n D Phil in Kultuurgeskiedenis verwerf het. Hy werk vir 17 jaar as staatsargivaris, behaal kwalifikasies in argiefwetenskap en joernalistiek, en skryf rubrieke en resensies sedert hy in 2007 by Naspers as maatskappy-argivaris begin werk het. Hy het ook drie romans en ’n memoir gepubliseer, en nie-fiksiewerke insluitend Van Kaspaas tot Kaas, die lewe en werk van T.O. Honiball (2005). Hy is die outeur van talle artikels oor spotprente en strokieskuns vir beide vakkundige en populêre publikasies.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews