Joost en Amor: Agter die skerms

Joost en Amor: Agter die skerms

by Gavin Prins

NOOK Book(eBook)

$6.99 $10.43 Save 33% Current price is $6.99, Original price is $10.43. You Save 33%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now
LEND ME® See Details

Overview

Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was ’n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie “Posh en Becks” bekend gestaan en was geseënd met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en ’n oënskynlik gelukkige huwelik. Totdat ’n skokberig oor ’n seksvideo op die voorblad van ’n plaaslike Sondagkoerant verskyn het … In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en ’n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie – die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Prins, wat die seksvideo-skandaal op die voorblad van Rapport bekend gemaak het, beskryf hoe ’n eenvoudige plaasseun wat ’n nasionale rugbyheld geword het, sy droomvrou ontmoet en met haar getrou het – en toe op die mees openbare en vernederende manier in ongenade geval het. Sy bekentenis het ’n sekere mate van bevryding meegebring – totdat ’n lewensgevaarlike siekte hom op sy knieë gedwing het … Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.

Product Details

ISBN-13: 9781770225985
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 10/10/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: NOOK Book
Pages: 225
File size: 1 MB

About the Author

As die vermaaklikheidsverslaggewer vir die koerant Rapport, het Gavin Prins die stories van twee seksskandale wat by die Amerikaanse TV-magnaat Oprah Winfrey se eksklusiewe meisieskool in Suid-Afrika plaasgevind het, bekend gemaak. Prins was ook die aanbieder van twee vermaaklikheidsprogramme, Glitterati en Tonge los, op die Afrikaanse kykNET-kanaal. Hy was die iKusasa-Joernalis van die Jaar vir 2012. Prins het na 14 jaar uit sy pos by Rapport bedank en is tans die adjunkredakteur van die tydskrif Heat.

Customer Reviews

Most Helpful Customer Reviews

See All Customer Reviews