Smet

'n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigde speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipuleerder oopvlek en word hy ondersteun deur 'n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat moet word nie. Dit lei onder meer tot 'n deurbraak in die ondersoek na die dood van 'n beeldskone meisie wie se lyk op 'n ysige winteroggend in Bloemfontein se Loch Logan-meer gevind is.

Die soeke na geregtigheid kom egter nie sonder 'n prys nie en word 'n familie uitmekaar geskeur as dinge begin skeefloop. Die spannende intriges ontvou uiteindelik ten goede vir iemand wat altyd 'n stryd moes voer in die skadukant van die lewe. Die katnes van onheilighede laat 'n mens onwillekeurig wonder: Is die mensdom nie elke dag aan sulke besmetting uitgelewer nie?

1127164065

6.99 In Stock
Smet

Smet

by Roelof Meyer
Smet

Smet

by Roelof Meyer

eBook

$6.99 

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

'n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigde speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipuleerder oopvlek en word hy ondersteun deur 'n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat moet word nie. Dit lei onder meer tot 'n deurbraak in die ondersoek na die dood van 'n beeldskone meisie wie se lyk op 'n ysige winteroggend in Bloemfontein se Loch Logan-meer gevind is.

Die soeke na geregtigheid kom egter nie sonder 'n prys nie en word 'n familie uitmekaar geskeur as dinge begin skeefloop. Die spannende intriges ontvou uiteindelik ten goede vir iemand wat altyd 'n stryd moes voer in die skadukant van die lewe. Die katnes van onheilighede laat 'n mens onwillekeurig wonder: Is die mensdom nie elke dag aan sulke besmetting uitgelewer nie?

Product Details

BN ID: 2940154568767
Publisher: Malherbe Uitgewers
Publication date: 09/28/2017
Sold by: Smashwords
Format: eBook
File size: 410 KB
Age Range: 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Roelof Meyer is in November 1956 in Port Elizabeth gebore. Met ʼn onderwyser-pa, was sy liefde vir die Afrikaanse taal onafwendbaar, Hy voltooi sy matriek aan Gill Kollege op Somerset-Oos waarna sy studies aan die UPE volg. Weens sy liefde vir Afrikaans, begin hy sy loopbaan in Joernalistiek waarna hy meer as ses jaar ʼn misdaad- en hofverslaggewer vir Oosterlig (later Die Burger) in Port Elizabeth was. Hy verruil die joernalistiek vir versekering, en begin met skakelwerk vir ʼn lewensversekeraar waarna hy sy eie versekeringspraktyk begin. Sy liefde vir skryf is egter nooit geblus nie en sy grootste droom is om dit heeltyds te doen. ʼn Tweede spanningsroman is reeds in wording.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews