Die naaimasjien en ander stories

Die naaimasjien en ander stories

by Rachelle Greeff
Die naaimasjien en ander stories

Die naaimasjien en ander stories

by Rachelle Greeff

eBook

$11.49  $13.82 Save 17% Current price is $11.49, Original price is $13.82. You Save 17%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Jy sien op straat ʼn gesig, jy herken ʼn gebaar, byvoorbeeld die manier waarop iemand ʼn sigaret aansteek, of hoe die wind gordyne deur ʼn oop venster ʼn vertrek laat inbol, en jy weet – plotseling – dat die belangrikste goed in jou lewe reeds gebeur het. Dit kan wees dat jy jou misgis, en wie weet, dalk staan jy eintlik maar net voor die grootste misterie van jou ganse lewe, maar iets . . . iets, weet jy, is vir altyd verby. ʼn Kameraman word wakker langs ʼn jong bloemiste wie se hande na begrafnisblomme ruik; op ʼn Karoodorp lei ʼn Britse skrywer se liefde vir woordspeletjies tot die heel verste grens; ʼn polisieman wonder oor die inhoud van ʼn beige handsak wat hy op ʼn misdaadtoneel gekry het; ʼn bejaarde vrou wag op die koper van die naaimasjien waarmee sy ʼn hele lewe aanmekaargestik het. Rachelle Greeff is een van die akkuraatste registreerders van hierdie beslissende lewensmomente, daardie drumpel tussen dit wat verby is en die skitterende duisternis wat wag. En in verhaal ná verhaal wring sy die leser se hart presies om daardie goed wat nooit verbygaan nie.

Product Details

ISBN-13: 9780624075509
Publisher: Tafelberg
Publication date: 09/16/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
File size: 339 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Rachelle se eerste aanstelling was by NG Kerk Uitgewers in Kaapstad onder redaksie van die skrywer Berta Smit. Hierna is sy as joernalis na Die Burger, Huisgenoot en later Rapport waar sy boekeredakteur was. Sedert sy in 1989 met die kortverhaalbundel Die rugkant van die bruid gedebuteer het, is haar werk met verskeie literêre pryse bekroon. Haar eerste toneelstuk, Die naaimasjien, is sedert 2009 sowat 150 keer opgevoer, met die aktrise Sandra Prinsloo in die hoofrol. Dié drama het in 2010 onder meer ʼn Fleur de Cap vir beste inheemse teks ingepalm. In 2014 het Rondomskrik (met Shaleen Surtie-Richards, Lee-Ann van Rooi, Richard September en Crystal Donna Roberts in die rolverdeling) by die KKNK geopen. Ook hierdie opvoering het etlike toneelpryse en -benoemings gekry, waaronder ʼn ATKV-Woordveertjie vir beste dramateks. Die naaimasjien en ander stories is haar vyfde bundel kortverhale. Het jy geweet? 1. Die stuk wat haar in die toneelwêreld lanseer het, Die naaimasjien, het vir die eerste keer as ʼn kortverhaal in BY, ʼn bylae van Die Burger, verskyn. Aan die einde van haar dramakursus aan die Universiteit Stellenbosch het sy haar vir ʼn honneursgraad in drama reggemaak. In dieselfde tyd het sy uit pure nuuskierigheid van die dramagebou skuins oorkant die straat na die destydse nuwe departement joernalistiek geloop. “Dié draaitjie, van die verhoog na die media, het dertig jaar geneem,” sê sy. “Dit was avontuur, genade en te veel kerse in die vuur – met verskoning vir die vrot metafoor – want ek het heeltyd ook vir opvoedkundige uitgewers as vertaler, redakteur, skrywer en samesteller gewerk.” 2. In 1998 was sy een van vyf finaliste vir die gesogte Britse Caine Prize for African Fiction. 3. Sy is getroud met die skrywer MC Botha en woon tussen Vermont en Kaapstad. 4. Sy het twee seuns: Ferdinand Kidd is ʼn kunstenaar en sy jonger broer, Albertus, is in die seiljagbedryf. 5. Sy is gemoeid met die ontwikkeling van manuskripte vir uitgewers en gee kreatiewe skryfklasse.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews