Vlerkdans (skooluitgawe)

Vlerkdans (skooluitgawe)

by Barry Hough

NOOK Book(eBook)

$8.49 $10.00 Save 15% Current price is $8.49, Original price is $10. You Save 15%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Product Details

ISBN-13: 9780624065883
Publisher: Tafelberg
Publication date: 10/30/1992
Sold by: Barnes & Noble
Format: NOOK Book
Pages: 89
File size: 290 KB
Age Range: 12 - 15 Years

About the Author

Barrie Michael Hough is op 17 Januarie 1953 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1970 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en studeer B.A. Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1980 behaal hy ’n M.A.-graad in Engels met ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. Hy hou vir vier jaar skool by St. Barnabas College en is in 1979 voltyds as toneelresensent by Beeld aangestel. Later jare is hy op die kunsredaksie van Rapport, waar hy oor flieks, teater en letterkunde skryf, en in 1999 is hy as kunsredakteur aangestel. In 1986 debuteer Barrie met die jeugboek, My kat word herfs, wat ’n finalis in die Sanlam-jeugverhaalwedstryd is. Sy tweede jeugboek, Droomwa (1990), verower drie pryse: Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer), Alba Bouwer-prys en C.P. Hoogenhout-toekenning. Barrie ontvang daarna nog twee keer die Sanlam-prys vir jeuglektuur (goud), vir Vlerkdans (1992) en Skilpoppe (1998). Skilpoppe is ook die wenner van die M.E.R.-Prys. Breek, wat hy saam met Lizz Meiring geskryf het, is Barrie se laaste jeugroman. Dit het eers as toneelstuk by die KKNK en Aardklop-kunstefeeste in 2001 op die planke verskyn. Kort hierna is die toneelstuk tot roman verwerk.

Read an Excerpt

Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in n skildery in die middel van n hoë sprong vasvang: soos n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar).

Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op tafelberg.com.

Customer Reviews

Most Helpful Customer Reviews

See All Customer Reviews